Skip to content

Section27 wys op gapings in vervanging van puttoilette by skole [KLANK]

# Die burgerlike organisasie, Section27, is bekommerd dat sommige skole met puttoilette oor die hoof gesien is in die Departement van Basiese Onderwys se sanitasieveldtog. Dit volg nadat die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, daarop gewys het dat die proses om kinders se waardigheid te herstel sedert 2018 met 93-persent gevorder het. Section27-woordvoerder, Pearl Nicodemus, het aan Newzroom Afrika erken daar is vordering, maar sê daar is steeds gapings en vra dringende optrede om veilige sanitasie vir alle leerders te verseker:

ENG-NicodemusOnPitToilets