# Gholf: Die wêreld se twee beste spelers, die Amerikaner Scottie Scheffler en Rory McIlroy van Noord-Ierland, speel saam in die eerste twee rondes van die BMW-kampioenskap wat môre in Baltimore, Maryland, afslaan. Die kampioenskap is die PGA-toer se tweede van drie afdelings in die FedEx-beker se uitspeelrondes. Justin Rose wat pas die FedEx St Jude-kampioenskap gewen het, is saam met die Amerikaner, JJ Spaun. Xander Schauffele, ook van Amerika, speel saam met sy landgenoot, Michael Kim, terwyl die Noorweër Viktor Hovland en Amerikaner Akshay Bhatia saam afslaan.
Scheffler speel saam met McIlroy in die eerste twee rondes van die BMW-kampioenskap