# Die vakbond SATAWU het ‘n drie-jaar-loonooreenkoms met werkgewers in die privaat sekerheidsektor onderteken. Dit maak voorsiening vir ‘n verhoging van 5,7-persent in die eerste jaar, gevolg deur verhogings van 5,5-persent in elk van die volgende twee jaar. Werkgewers het ook ooreengekom om 60-persent tot werkers se mediese hulpfonds by te dra. SATAWU sê die ooreenkoms beskerm werksgeleenthede, voorkom afleggings gedurende die ooreenkoms-tydperk en is ‘n beduidende oorwinning vir sekerheidsbeamptes.
SATAWU teken drie-jaar-loonooreenkoms vir privaat sekerheidswerkers