# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het 69 begunstigdes in Mahikeng, Noordwes, gediskwalifiseer nadat ondersoeke onthul het dat hulle bykomende inkomstes het. Die agentskap is besig met ʼn kontroleringsproses om toelaes, wat miljoene kwesbare ontvangers ondersteun, se integriteit te beskerm. SASSA se uitvoerende hoof, Themba Matlou, het aan die SABC gesê hierdie hersiening is nie strafmaatreëls nie maar om te keer dat die stelsel misbruik word:
SASSA diskwalifiseer 69 toelaagbegunstigdes in Noordwes [KLANK]
ENG MatlouOnGrants