# Sasol sê hoër internasionale brandstofpryse en verhoogde plaaslike produksie het sy rol in energiesekerheid versterk. Uitvoerende hoof Simon Baloyi sê die onderneming het produksie verhoog by sy steenkool-na-vloeistofaanlegte en raffinaderye, wat help om voorsieningsonderbrekings weens spanning in die Midde-Ooste te verlig. Die handelsverklaring voor die bekendmaking van sy jaarstate dui aan hy verwag ‘n jaarverdienste van tot 62-miljard-rand teenoor 52-miljard-rand ‘n jaar gelede. Sasol brei ook sy projekte vir hernubare energie uit, terwyl hy werk om uitstralings te verminder en sy vermoë handhaaf om kritieke brandstofvoorrade te produseer.
Sasol verhoog brandstofproduksie te midde van druk op internasionale voorrade