# Frankryk se oudpresident, Nicolas Sarkozy, het vandag die eerste voormalige hoof van ‘n Europese Unie-staat geword wat tronk toe is, maar sy onskuld verklaar toe hy die tronk in Parys binnegaan. Hy was van 2007 tot 2012 Frankryk se regse leier en is verlede maand skuldig bevind aan pogings om befondsing van die Libiese leier, Muammar Gaddafi, te bekom vir sy verkiesingsveldtog. AFP-joernaliste het gesien hoe die 70-jarige sy huis verlaat in ‘n polisievoertuig, vergesel deur beamptes op motorfietse, en die La Sante-gevangenis in die Franse hoofstad binnegaan.
Sarkozy eerste voormalige hoof van EU-staat wat tronk toe gaan