# Brigadier Dineo Mokwele van die SAPD se Misdaadintelligensiediens het die terugtrekking van bedrog- en korrupsieklagte teen haar en ses medebeskuldigdes in die Pretoria Landdroshof verwelkom. Die Nasionale Vervolgingsgesag het formeel alle aanklagte wat verband hou met Mokwele se aanstelling teruggetrek. Mokwele het haar familie, vriende, ondersoekbeamptes en die Madlanga-kommissie vir hul ondersteuning bedank en gesê die hoofstuk is afgehandel. Sy sê sy sal fokus op die hervorming van die strafregstelsel om toekomstige magsmisbruik te voorkom:
SAPD-brigadier Mokwele gaan haar toespits op herstel ná terugtrekking van korrupsiesaak [KLANK]
ENG-MokweleOnCaseWithdrawal