Skip to content

SANParke verwelkom arrestasie van kredietkaartbedrieërs naby Tafelberg

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het die inhegtenisneming verwelkom van drie verdagtes wat toeriste naby Leeukop in Kaapstad geteiken het. Die verdagtes het ‘n vals kaartmasjien gebruik om internasionale toeriste te probeer bedrieg. Hulle het die kaartmasjien agtergelaat en die toeriste se kredietkaarte geneem. Die metropolisie het hulle in Groenpunt in hegtenis geneem met vals nommerplate en die besit van ‘n bedriegtoestel. Die SANParke-woordvoerder, JP Louw, sê niemand het finansiële verliese gely nie. Hy het SANParke se verbintenis beklemtoon om Tafelberg veilig te hou.