# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê die hoofhek van die Skukuza-ruskamp in die Nasionale Krugerwildtuin in Mpumalanga, sal van 2 November tot 4 Desember gesluit wees vir noodsaaklike herstelwerk aan die dak. Besoekers sal herlei word na ‘n tydelike ingang oor Seekoeiesirkelstraat wat deur AM Spa en Skukuza Safari Lodge loop naby die Skukuza-mediesefasiliteit. JP Louw van SANParke sê die sluiting maak deel uit van voortdurende pogings om infrastruktuur in die wildtuin in stand te hou en te verbeter.
SANParke kondig tydelike sluiting van hoofhek by Skukuza-ruskamp aan