# Die Liberaal Demokratiese Party se leier, Sanae Takaichi, is die eerste vrou wat as Japan se eerste minister gekies is. Die 64-jarige Takaichi, wat as Japan se “Ystervrou” bekendstaan, het 237 stemme uit 465 in die Parlement se laerhuis gekry. Dit volg nadat haar party ingestem het tot ʼn koalisie met die regse Japan Innovasie Party. Takaichi wat ʼn groot bewonderaar van die Verenigde Koninkryk se eerste vroue-premier Margaret Thatcher is, is konserwatief en gekant teen selfdegeslag-huwelike en ʼn groeiende beweging wat getroude paartjies toelaat om aparte vanne te gebruik.
Sanae Takaichi maak geskiedenis as Japan se eerste vroue-premier