# Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond in Ekurhuleni het die stad se besluit gekritiseer, om voorlopige ontslagkennisgewings aan meer as 300 Metro polisiepersoneel uit te reik. Dit volg na hul deelname aan ’n onwettige staking en die blokkering van belangrike snelweë in Maart vanjaar. Tshephang Langa van SAMWU sê hierdie drakoniese optrede is nie net ’n onregverdig nie, maar ook ’n kommerwekkende aanval op die basiese regte van werkers. Hy sê die vakbond sal alle beskikbare regshulpbronne en nywerheidsverhoudingskanale ondersoek om die optrede te beveg en die stad aanspreeklik te hou.
SAMWU veroordeel voorlopige afdankingsbriewe aan meer as 300 EMPD-personeellede