# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging-vakbond doen ‘n beroep op gesondheidsorgpersoneel in die land om hulle weer te vereenselwig met die passie en doel wat hulle die beroep laat kies het. SAMATU se hoofsekretaris, Cedric Sihlangu, sê die vakbond kan nie toelaat dat finansiële beperkings gesamentlike meelewing ondermyn of die sorg van kwesbares in die gedrang bring nie. Hy sê ware vordering word nie gemeet aan ekonomiese statistieke nie, maar aan hoe mense mekaar deernisvol kan beskerm en ophef in tye van teëspoed.
SAMATU vra gesondheidsorgpersoneel om weer passie en doelgerigtheid na te streef