# Die Suid-Afrikaanse Mediese Verenigingvakbond het ’n ultimatum aan die Gautengse Departement van Gesondheid gestel en eis dat die voortgesette betalingsgeskille met mediese dokters teen Donderdag opgelos word. Die geskille behels vertragings in betaling van oortydvergoeding en voorgestelde eensydige wysigings aan vasgestelde betalings vir oortydkontrakte. Sekretaris-generaal van SAMATU, Cedric Sihlangu, waarsku dat versuim om die kwessies aan te spreek tot regstappe of die onttrekking van dienste kan lei, wat die lewering van gesondheidsdienste sal beïnvloed:
SAMATU stel 15 Mei-sperdatum vir Gauteng Gesondheid om dokters se betalingsgeskille op te los [KLANK]
ENG-SihlanguOnDoctors