# Die beroemde skrywer Salman Rushdie is tevrede met die maksimum-vonnis van 25-jaar tronkstraf wat opgelê is aan ‘n man wat hom in 2022 met ‘n mes aangeval het by ‘n New Yorkse kultuursentrum. Hadi Matar is vroeër skuldig bevind aan poging tot moord en aanranding. Videomateriaal het gewys hoe hy op die verhoog storm en Rushdie met ‘n mes steek. Die aanval het Rushdie blind gelaat in een oog. Hy het verlede jaar die memoir “Knife” gepubliseer waarin hy die ervaring beskryf en ‘n denkbeeldige gesprek met Matar voer.
Salman Rushdie tevrede met vonnis vir aanvaller wat hom met ‘n mes gesteek het