Skip to content

SALGA sê koalisie-ooreenkomste moet bestendigheid en aanspreeklikheid bevorder [KLANK]

# Die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering, SALGA, sê politieke partye moet gemeenskappe bo politieke belange stel wanneer hulle gereedmaak om munisipale rade saam te stel. In 138 rade is daar geen volstrekte meerderheid ná die plaaslikeregeringsverkiesing nie, en koalisies moet gevorm word. SALGA-woordvoerder, Motalatale Modiba, sê koalisie-ooreenkomste moet bestendigheid, aanspreeklikheid, doeltreffende oorsig en voortgesette dienslewering bevorder en nie tot politieke onbestendigheid lei wat munisipale prestasie verswak nie:

ENG ModibaONElections