Skip to content

SALGA kritiseer Nersa se goedkeuring van elektrisiteits-handelslisensies

# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging, SALGA, het die energiereguleerder Nersa gekritiseer omdat hy elektrisiteits-handelslisensies aan privaat instellings goedkeur voor behoorlike regulatoriese waarborge ingestel is. Eskom het ‘n hofsaak teen die goedkeuring van vyf handelslisensies en ‘n invoer-/uitvoerlisensie aanhangig gemaak. SALGA voer aan dat die lisensies, sonder behoorlike regulatoriese raamwerke, ‘n ongelyke speelveld skep wat munisipale inkomstestrome kan verwoes. Hy voeg by dat Nersa se besluit die grondslag van plaaslike regeringsdienslewering bedreig.