# Die SAKP verwelkom president Cyril Ramaphosa se toespraak oor migrasie, wat erkenning gee aan openbare kommer oor werkloosheid, grensbeheer, veiligheid en druk op dienste. Die party veroordeel xenofobie en die uitbuiting van ongedokumenteerde werkers. SAKP se woordvoerder, Mbulelo Mandlana sê die party glo immigrasiewette moet deur die staat afgedwing word en nie deur groepe wat eiereg toepas nie. Hy sê migrasie is nie die oorsaak van Suid-Afrika se ekonomiese uitdagings nie. Mandlana voeg by die dieper oorsake lê in werkloosheid, ongelykheid en korrupsie.
SAKP verwelkom Ramaphosa se strenger standpunt oor onwettige immigrasie