# Die SAKP veroordeel die moord op sy wyk 10-raadskandidaat, Ernest Fipaza, in Mbhashe, Oos-Kaap ten sterkste. Die party sê dreigemente in ander gebiede ondermyn vooruitsigte van ‘n vrye en regverdige verkiesing. Die SAKP het tydens ‘n Red October-veldtog gesê hy neem op 4 November vir die eerste keer sedert 1994 onafhanklik deel aan die plaaslike regeringsverkiesing met die slagspreuk: “Bou mense se mag“. Pius Vilakati van die party sê hy verwerp neoliberale hervormings, privatisering en besuinigingsmaatreëls n vra openbare besit van sleutelhulpbronne en die reg op werk vir almal.
SAKP veroordeel moord op Oos-Kaapse raadskandidaat voor eerste plaaslike verkiesing [KLANK]