# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die moord op ‘n ANC-raadslid van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit veroordeel. Sicelo Mleve is Saterdagaand doodgeskiet tydens ‘n gemeenskapsvergadering in ‘n wykskantoor in Zwide, Gqeberha. Die SAKP sê dis nie ‘n lukrake daad van geweld nie, maar deel van die heersende politieke geweld in die Oos-Kaap. Hy het sy oproep herhaal vir deurdagte optrede om die toenemende krisis van politieke geweld reg oor die land te bekamp.
SAKP veroordeel moord op ANC-raadslid Sicelo Mleve in Gqeberha