# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty hou vol geen lid van die party sal enige politieke gevolge ly vir lidmaatskap van die ANC nie. Dit volg op ‘n bilaterale vergadering tussen die twee partye vroeër die week waar dubbele lidmaatskap bespreek is. Die SAKP gaan vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing onafhanklik van die ANC bestry. Die SAKP sê hy sien geen weerspreking tussen sy besluit oor die verkiesing en die behoud van die alliansie met sy gedeelde doelwitte nie.
SAKP verdedig dubbele lidmaatskap binne die drieparty-alliansie