# Die SAKP sê sy besluit om aan die 2026 plaaslike-regeringverkiesing deel te neem is nie om eng party-politieke redes nie, maar ʼn regstreekse reaksie op die krisis van werkersklas-verteenwoordiging. Die SAKP gaan die eerste keer buite sy vennootskap met die ANC aan ʼn verkiesing deelneem. Hy sê besluite oor die ekonomie en samelewing word al jare lank geneem sonder om met die werkersklas te beraadslaag. Die SAKP sê hy wil ʼn program van demokratiese mag bevorder wat op die belange van werkers en armes gebaseer is.
SAKP sê deelname aan 2026 munisipale verkiesing is nie om eng party-politieke redes nie