Skip to content

SAID-kommissaris sê verkryging moet as dryfveer van ekonomiese groei beskou word

# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê verkryging moet beoordeel word volgens wat dit tot ekonomiese groei bydra, asook sy veerkragtigheid en mededingendheid, eerder as om bloot die laagste prys te verseker. Hy het die Geoktrooieerde Instituut vir Verkryging en Voorsiening van Suider-Afrika in Johannesburg toegespreek en verkrygingspersoneel aangespoor om die dryfvere van infrastruktuurlewering, belegging en werkskepping te word. Makhkubu sê Suid-Afrika se beplande infrastruktuurprogram van 1,1-duisend-miljard-rand sal afhang van doeltreffende verkrygingstelsels om beleggingsplanne in tasbare projekte te omskep.