# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte sê parasetamol is veilig om te gebruik tydens swangerskap, indien dit vir kort tydperke teen die voorgeskrewe dosis geneem word. Die owerheid het swanger vroue verseker daar is geen bewyse wat parasetamol met outisme of ADHD (Engelse uitspraak) by kinders verbind nie. Die woordvoerder, Yuven Gounden, beveel aan die laagste doeltreffende dosis moet gebruik word vir die kortste moontlike tydperk, ‘n dokter moet geraadpleeg word indien nodig, en enige vermeende newe-effekte moet by die reguleerder aangemeld word.
SAHPRA verseker parasetamol is veilig tydens swangerskap teen aanbevole dosisse