Skip to content

Saftu sê SA se G20 presidensie moet veg vir belange van Suidelike Halfrond

# Die Suid-Afrikaans Vakbondfederasie se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê die G20 Presidensie moet veg vir die belange van die Suidelike Halfrond. Suid-Afrika se presidensie, wat op 30 November eindig, is onder die drie afdelings verdeel, naamlik Solidariteit, Gelykheid en Volhoubaarheid. Vavi sê Suid-Afrika moet as deel van die G20 presidensie ook momentum agter die Verenigde Nasies se Belastingkonvensie opbou en die Organisasie vir Ekonomiese samewerking en Ontwikkeling se oorheersing en G7 se boelietaktiek teenstaan.