Skip to content

Saftu sê besuinigings, nie werkers se eise, ondermyn wetstoepassing [KLANK]

# Saftu sê hulle stem nie saam met die bewering van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat vakbonde se eise vir hoër salarisse pogings belemmer om polisievakatures te vul nie. Hy het die land se stygende werkloosheidsyfer aan vakbonde toegeskryf wat volgens hom voortdurend meer geld van hul lede eis. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê Mkhwanazi se perspektief hou die risiko in om die publiek se begrip van ‘n veel ernstiger kwessie te verdraai: dekades van neoliberale besuinigings en begrotingsbesnoeiings het die Polisiediens uitgehol:

ENG AsiveonMkhwanazi