# Saftu sê die Departement van Basiese Onderwys se begrotings het die afgelope langer as tien jaar nie tred gehou met inflasiestygings en die toename in inskrywings, infrastruktuurbehoeftes en behoefte aan personeel nie. Asive Dyani van die federasie sê die onderwysdepartemente in al nege provinsies het herhaaldelik beperkte begrotings aangedui as die rede vir die bevriesing van, of oponthoud met aanstellings. Sy sê die regering en die Nasionale Tesourie moet ‘n hoër begroting vir die 2027-skooljaar prioritiseer:
SAFTU sê begrotings vir Basiese Onderwys het nie tred gehou met toename in inskrywings nie [KLANK]
ENG DyaniONBudgets