# Die Suid-Afrikaanse Federasie van Geloofsgemeenskappe, SACOFF, sê sy verkiesingswaarnemers het landwyd 479 voorvalle aangemeld. Dit sluit 64 gevalle in waar stemlokale na bewering laat geopen het, 25 gevalle waar kiesers weggewys is, en 18 gevalle wat verband hou met die geheimhouding van stembriewe. Die president van die groep, Bert Pretorius, sê dit is te vroeg om gevolgtrekkings te maak oor die verloop van die verkiesing, aangesien die aangemelde voorvalle nog nagegaan word.
SACOFF-waarnemers meld 479 verkiesingsvoorvalle, vertragings en geheimhouding van stembriewe aan