Skip to content

SABC bevestig Afrikaanse TV-nuus bly op lug in Julie

# Die SABC het bevestig daar sal hierdie maand geen veranderings aan die Afrikaanse TV-nuusbulletinskedule wees nie. Die uitsaaier het onlangs in ‘n verklaring beklemtoon die nuus sal steeds in sy huidige weeksdag- en naweek-tydgleuwe uitgesaai word. Hierdie verklaring volg ná ‘n rits veranderings, insluitend ‘n skuif van SABC2 na SABC3 en veranderings aan uitsaai-tye. Die SABC sê sy huidige skedule bly onveranderd.