Skip to content

SA leiers verbind tot universele vroeë-onderwys teen 2030

# Die Regering, sakeleiers en leiers in die Vroeë Kinderontwikkelingsektor het tydens die 2030 Bana Pele-beraad ‘n verbintenis gemaak om teen 2030 universele toegang tot gehalte Vroeë Kinderontwikkelingsentrums te bevorder. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het beklemtoon VKO’s sal ‘n transformasie ondergaan en sakeleiers sal die sentrums as ‘n ekonomiese belegging ondersteun. Sleutelverpligtinge sluit in, die uitbreiding van toegang tot Vroeë Kinderontwikkelingsentrums, infrastruktuur-verbetering, opleiding van onderwysers en die versterking van openbare privaat vennootskappe. ‘n Gesamentlike taakspan sal toesig hou oor die vordering en verseker dat elke kind teen 2030 toegang het tot gehalte vroeë-onderwys.