Skip to content

SA Kamer van Koophandel en Nywerheid verwag handelstoestande sal verbeter

# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê handelstoestande het in Junie gedemp gebly, maar sal na verwagting oor die volgende ses maande verbeter. Die jongste Opname oor Handelstoestande toon laer ruolie- en brandstofpryse het sakevertroue versterk na vroeëre kostedruk as gevolg van die Midde-Oosterse konflik. SACCI se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, sê terwyl hoë insetkoste, swak kleinhandelverkope en stadiger vervaardiging steeds ‘n las op handel plaas, is besighede optimisties dat verbeterde toestande verhoogde personeelaanstellings en sterker ekonomiese aktiwiteite sal ondersteun.