Skip to content

SA gaan ambassade in Bulgarye sluit, behou bande via Griekeland

# Suid-Afrika gaan sy ambassade in Sofia, Bulgarye, teen 30 Junie sluit weens finansiële beperkings en ‘n strategiese herbelyning. Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking verseker egter dat die stap nié bilaterale betrekkinge sal beïnvloed nie. Die diplomatieke pligte word na Suid-Afrika se sending in Athene, Griekeland, verskuif. Die departement sê Suid-Afrika het waardering vir Bulgarye se ambassade in Pretoria en hoop om die kantoor in Sofia te heropen wanneer dit weer finansieel haalbaar is.