Skip to content

SA energiehandelaars waarsku oor kritieke hervormings in die elektrisiteitsmark

# Die Suid-Afrikaanse Energiehandelaarsvereniging sê die hervormings in die elektrisiteitsmark het ‘n kritieke stadium bereik, met die Nasionale Energiereguleerder wat belangrike regulasies afhandel. Die markkode en handelsreëls sal bepaal hoe elektrisiteit gekoop en verkoop word en hoe privaat beleggings in die sektor sal vloei. Die vereniging waarsku vertragings kan hervorming belemmer en energie-sekerheid beïnvloed. Hy vra duidelike en beleggingsvriendelike reëls om privaat kragopwekking moontlik te maak, mededinging te bevorder en Suid-Afrika se oorgang na ‘n mededingende elektrisiteitsmark te vergemaklik.