# Die legendariese Suid-Afrikaanse aktrise en die eerste Mej. Swart Suid-Afrika, Cynthia Shange, is op 76 in ‘n KwaZulu-Natalse hospitaal dood. Haar dogter, Nonhle Thema, het haar heengaan bevestig. Shange het in 1972 in Londen geskiedenis gemaak as die eerste swart vrou om Suid-Afrika op die Mej. Wêreld-kompetisie te verteenwoordig. Shange word onthou vir haar baanbrekersloopbaan in kuns en kultuur tydens apartheid, en het in 1975 die hoofrol in Suid-Afrika se eerste swart rolprent, Udeliwe, vertolk. Sy was ook in klassieke reekse soos Shaka Zulu en Muvhango.
SA betreur heengaan van veteraan-aktrise Cynthia Shange