Skip to content

Russiese leër sê hy gaan aanvalle op Kiëf en ander Oekraïnse streke verskerp

# Die Russiese leër waarsku hy gaan aanvalle op die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, en ander stede verskerp in reaksie op opmerkings wat president Volodymyr Zelensky verlede week gemaak het. ʼn Russiese hommeltuig het gister Kiëf se belangrike Noordelike Brug oor die Dnipro-rivier getref en twee mense is beseer. Dis die vierde agtereenvolgende dag dat Moskou brûe in Kiëf teiken wat deur tienduisende inwoners gebruik word wat tussen die stad se twee rivieroewers pendel. Rusland beheer tans sowat 20-persent van Oekraïne se grondgebied.