Skip to content

Russiese hommeltuie tref Kharkiv nadat Oekraïnse aanvalle Moskou-lughawens tydelik sluit

# Russiese hommeltuigaanvalle het oornag die noordoostelike Kharkiv-streek van Oekraïne getref. Die Barabashovo-mark in die stad Kharkiv is een van die plekke wat getref is en oornag grootliks afgebrand het. Dit volg ná ‘n Oekraïense hommeltuigaanval op Moskou wat die tydelike sluiting van die stad se lughawens veroorsaak het. Dit is die tweede agtereenvolgende nag dat Moskou deur Oekraïne aangeval word. Die aanval volg drie dae voor ‘n groot parade in die stad om die oorwinning in Europa tydens die Tweede Wêreldoorlog te herdenk.