Skip to content

Russiese hommeltuie oor Pole afgeskiet wat skending van Europese lugruim is

# Die Poolse weermag sê hy het hommeltuie afgeskiet wat sy lugruim geskend het tydens ‘n Russiese aanval op Oekraïne. Dit is die eerste keer dat die land regstreeks met Russiese teenwoordigheid in sy lugruim te doen het sedert die Oekraïnse oorlog in 2022 begin het. Moskou het vroeër die week sy grootste lugaanval ooit op Kiëf van stapel gestuur met meer as 800 hommeltuie. ‘n Regeringsgebou is geteiken. Die Poolse weermag sê dit is ‘n daad van aggressie wat ‘n wesenlike bedreiging vir die veiligheid van sy burgers inhou.