# ‘n Russiese strategiese bomwerper het vandag tydens ‘n oefenvlug in Siberië se Irkutsk-streek neergestort. Die Russiese Ministerie van Verdediging sê die vliegtuig se bemanning van vier kon veilig uitskiet. Die Tu-22, wat hipersoniese “Kinzhal”-missiele kan dra en deur NAVO die kodenaam “Backfire” gegee is, is ‘n supersoniese bomwerper uit die Sowjet-era wat Rusland sedertdien vir gevegte in Sirië en Oekraïne gebruik. Onbevestigde beeldmateriaal van die ongeluk op sosiale media wys hoe ‘n vliegtuig nie ver van die oewers van die Angara-rivier af nie, met sy neus in ‘n dig beboste gebied neerstort en ‘n groot rookkolom veroorsaak.
Russiese bomwerper stort neer in Siberië, rook kilometers ver gesien