# Rusland het honderde hommeltuie, artillerie-skote en ballistiese missiele na Oekraïne afgevuur ondanks die Amerikaanse president, Donald Trump, se oproepe om ’n vredesooreenkoms te sluit. ‘n Vrou is dood en meer as 20 mense gewond, terwyl ‘n missielaanval water- en kragtoevoer na die Oekraïnse president, Volodimir Zelensky, se tuisdorp, Kryvyi Rig, ontwrig het. Die aanval volg twee dae nadat Trump gedreig het om streng sanksies teen Rusland in te stel tensy hy binne 50 dae ‘n vredesverdrag sluit om die oorlog van drie jaar met Oekraïne te beëindig.
Rusland vuur honderde hommeltuie na Oekraïne terwyl Trump vra vir vrede