Skip to content

Rusland vonnis hoof van verkiesingswaghond tot vyf jaar in ‘n strafkolonie

# Die hoof van Rusland se enigste onafhanklike verkiesingswaghond is tot vyf jaar in ’n strafkolonie gevonnis nadat ’n hof hom skuldig bevind het aan samewerking met ’n ongewenste organisasie. Die 44-jarige medevoorsitter van die Golos-beweging, Grigory Melkonyants, wat in Augustus 2023 in hegtenis geneem is, het onskuldig gepleit. Reuters haal menseregte-aktiviste aan wat die saak teen hom beskryf as deel van die breër onderdrukking van die burgerlike samelewing wat vererger het sedert Rusland se inval in Oekraïne in Februarie 2022.