# Kiëf het vroeg vanoggend onder ‘n hewige hommeltuig- en missielbombardement deurgeloop, in wat onafhanklike waarnemers beskryf as een van die grootste Russiese aanvalle op die Oekraïense hoofstad en omliggende streek sedert die volskaalse oorlog begin het. Die hoof van Kiëf se militêre administrasie, Tymur Tkachenko, sê ten minste drie mense is dood en ongeveer tien is beseer. Een van die slagoffers is uitgeken as ‘n 12-jarige meisie. Die Oekraïense minister van buitelandse sake, Andrii Sybiha, sê die aanval onderstreep die behoefte aan meer strafsanksies teen Rusland om om sy aggressie te staak.