# Minstens twee mense is dood in ‘n hommeltuigaanval in Oekraïne se suidwestelike Odessa-streek, met Rusland wat voortgaan met aanvalle op Oekraïne se infrastruktuur. Die Staatsnooddiens sê twee mense is dood in ‘n Russiese hommeltuigaanval op ‘n parkeerterrein langs Oekraïne se Swartseekus. Odessa se streekhoof, Oleh Kiper, sê drie ander mense is gewond. Tienduisende huise is ook sonder krag nadat Rusland die Zaporizhzhia-streek op die frontlinie met hommeltuie en missiele aangeval het.
Rusland teiken steeds energie-infrastruktuur in Oekraïne