# Die Kremlin sê veiligheidswaarborge vir Oekraïne is nie moontlik sonder Russiese deelname nie. Die Duitse kanselier, Friedrich Merz, het vroeër gesê Moskou behoort geen rol te speel in die opstel van sulke reëlings nie en dit moet deur Oekraïne en sy bondgenote beslis word. Die Kremlin se woordvoerder, Dmitri Peskov, sê dit toon duidelik Europese regerings se standpunt oor die oorlog. Oekraïne sê hy het veiligheidswaarborge van die Weste nodig om hom teen toekomstige Russiese aanvalle te beskerm. Rusland beheer tans sowat ‘n vyfde van Oekraïnse grondgebied.
Rusland sê veiligheidswaarborge vir Oekraïne is nie moontlik sonder sy betrokkenheid nie