Skip to content

Rusland sê momentum vir vredesooreenkoms met Oekraïne is weg

# Rusland sê die momentum om ‘n vredesooreenkoms in Oekraïne te bereik, na Vladimir Putin en Donald Trump se presidensiële beraad in Alaska, het grootliks verdwyn. Die twee leiers het in Augustus ontmoet, maar kon geen ooreenkoms bereik oor die beëindiging van die drie-en-‘n-half jaar lange oorlog nie. Diplomatieke pogings het sedertdien ook misluk, met Moskou en Kiëf wat dodelike aanvalle op mekaar uitvoer. Die Russiese adjunkminister van Buitelandse Sake, Sergei Ryabkov, blameer Europa vir die dooiepunt en beskuldig die vasteland dat hulle ‘n oorlog tot die laaste Oekraïner wil voer.