# Rusland se FSB-veiligheidsdiens sê hy het ‘n Oekraïnse komplot gedwarsboom om ‘n ongenoemde senior Russiese regeringsamptenaar te vermoor. Die FSB beskuldig Kiëf in ‘n verklaring ook dat soortgelyke aanvalle in ander dele van die land beplan is. Die veiligheidsdiens sê daar was ‘n Oekraïnse komplot om die amptenaar te vermoor toe hy familiegrafte in ‘n begraafplaas in Moskou besoek het. Oekraïne teiken Russiese militêre en ander amptenare binne Rusland sedert Moskou die land in Februarie 2022 aangeval het.
Rusland sê hy het Oekraïnse komplot gefnuik om senior regeringsamptenaar te vermoor