# Rusland en Oekraïne het vir die eerste keer in drie jaar direkte samesprekings gevoer waartydens ’n moontlike wapenstilstand bespreek is sonder ‘n duidelike deurbraak. ’n Oekraïnse bron het aan CNN gesê die Russiese afvaardiging eis dat Kyiv grondgebied onder sy beheer prysgee. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky en die Russiese president Vladimir Putin was albei afwesig. Die Duitse kanselier Friedrich Merz het belowe om nuwe sanksies teen Moskou in te stel na Putin se afwesigheid. Europese leiers plaas toenemende druk op die Russiese leier om ’n wapenstilstand van 30 dae te aanvaar.
Rusland en Oekraïne ontmoet vir eerste direkte samesprekings sedert 2022