Skip to content

Rusland beskuldig NAVO en die EU dat hulle “terroristebedrywighede” borg

# Rusland se ministerie van Buitelandse Sake beskuldig die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie en die Europese Unie dat hulle “terroriste-aktiwiteite” borg. Dit volg nadat ʼn strand in die vakansiedorp, Gelendzhik langs die Swartsee, gister deur ʼn vermeende Oekraïnse hommeltuig getref is. Sewe mense, insluitend drie kinders, is dood en 40 ander beseer. Die ministerie se woordvoerder, Maria Zakharova, sê NAVO en die EU het onlangs ʼn beleid van geen verdraagsaamheid teenoor terrorisme verklaar, maar nou is hulle deel van internasionale terroriste-bedrywighede. Oekraïne het nog geen kommentaar oor die aanvalle gelewer nie.