Skip to content

Rusland beskryf vandag se Europese diplomatieke gesprekke oor Oekraïne as onbeduidend

# Rusland het vandag se Europese diplomatieke gesprekke met Oekraïne as onbeduidend bestempel voor Vrydag se beplande spitsberaad tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, in Alaska. Alexey Fadeev van die Russiese Ministerie van Buitelandse Sake, sê Moskou beskou die gesprekke as polities en prakties onbelangrik. Hy sê Europeërs gee mondelinge ondersteuning aan Washington en Moskou se diplomatieke pogings rondom Oekraïne, maar die Europese Unie saboteer dit. Die Oekraïnse president, Volodimir Zelensky, en Europese leiers gaan later vandag dringende aanlyn gesprekke met Trump voer.