# Rusland bepleit versigtigheid nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het hy gaan twee kernduikbote ontplooi ná ‘n aanlyn geskil met die voormalige Russiese president, Dmitri Medvedev. Trump beskuldig Medvedev van hoogs uitlokkende kommentaar, en sê die duikbote sal in gepaste streke ontplooi word. Hy het nie gesê of dit kernaangedrewe vaartuie of duikbote gelaai met kernwapens sal wees nie. Medvedev, die adjunkvoorsitter van Rusland se Veiligheidsraad, beskuldig Trump dat hy die ultimatum-speletjie speel, en sê Trump moet onthou Rusland is ‘n gedugte mag.
Rusland bepleit versigtigheid in kern-‘retoriek’ ná Trump se kommentaar