# Die Europese Ruimteagentskap sê ‘n gedeelte van ‘n ruimtetuig uit die Sowjet-era is waarskynlik terug in die aarde se atmosfeer na langer as ‘n halfeeu in ‘n wentelbaan. Die Kosmos 482, wat in 1972 op ‘n sending na Venus gelanseer is, het nooit tot buite die aarde se wentelbaan gevorder nie en in vier stukke gebreek wat sedertdien om die planeet wentel. Een stuk, vermoedelik die landingskapsule, het waarskynlik die naweek die atmosfeer binnegedring. Dit is onduidelik of dit die aarde se oppervlak bereik of in die atmosfeer uitgebrand het.
Ruimtetuig uit Sowjet-era waarskynlik terug in die aarde se atmosfeer