# Rugby: Westelike Provinsie se hoofafrigter, Labeeb Levy, gaan nie spelers in die Curriebekerkompetisie gebruik wat moontlike kandidate vir die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskap is nie. Brok Harris, wat onlangs uitgetree het as stut van die Stormers, is WP se voorspeler-afrigter. Hy sê die VRK-spelers begin met voorbereiding vir die seisoen en die Curriebeker-span sal fokus op jong spelers en dalk spelers uit die uitgebreide amateur-groep oorweeg. WP speel Saterdag in die eerste ronde teen sy aartsvyand, die Bulle, in Kaapstad. Die eindstryd is op 20 September.
Rugby: WP gaan nie VRK-spelers in Curriebeker gebruik nie